MMR-entstof

MMR-entstof

Die MMR-entstof is 'n entstof wat gebruik word om kinders teen pampoentjies, masels en Duitse masels in te ent. (Die gebruiklike afkorting MMR staan in Engels vir measles, mumps and rubella.)

Alhoewel hierdie besmetlike siektes deur die meeste mense as onskuldige kindersiektes beskou word, kan 'n baie klein deel van die gevalle op 'n lang termyn vir ernstige komplikasies sorg, soms selfs 'n lewenslange gestremdheid. Duitse masels kan by swanger vroue ook groot skade aan die ongebore kind veroorsaak, soms selfs 'n spontane aborsie. Pampoentjies kan in seldsame gevalle tot breinvliesontsteking lei of onvrugbaarheid by mans.

Meeste lande bied hierdie drie-in-een inenting, aangesien dit as veiliger as drie aparte inentings beskou word. In Suid-Afrika kry kinders slegs 'n maselsinenting van die staat, terwyl MMR meestal in die privaatsektor toegedien word.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search